KWARTAALPROGRAM
HOEKOM 'N OOSIE?
Ons by Worcester-Oos glo daarin dat ons kinders in elke opsig nog kinders moet wees. Ons hou daarvan om die kinders op elke gebied te ontwikkel. Ons sien onsself as ‘n baie geballanseerde skool. Ons wil saam met die ouerhuis die boompie buig terwyl hy nog jonk is. Ons het ‘n span goed opgeleide onderwysers wat net na die beste vir elke kind streef.
Ons streef daarna om die kinders in totaliteit te ontwikkel sodat hul eendag goeie burgers van die land kan wees en ook ‘n verskil kan maak daar waar hulle beweeg. Die leerders moet ook leer om na die omgewing om te sien asook om vir sy/haar medemens om te gee, daarom moedig ons dit aan dat hul deel raak van projekte vir omgee wat ons aanpak.
Morele waardes is vir ons van uiterse belang en ons verkondig dit sover as wat ons kan. Ons probeer die heeltyd ook om mooi en goeie maniere in te skerp by die leerders.
Ons kinders is nog kinders hier by Laerskool Worcester-Oos.
Ouerbetrokkenheid is vir ons ‘n hoë prioriteit sodat die kinders ook van hul ouers kan leer. Die kinders hou daarvan om te sien hul ouers help. Dit laat hul trots voel.
U kind se sosiale en emosionele welstand in ‘n veilige en ondersteunende omgewing is die sleutel sodat maksimum leer kan plaasvind. Die onderwysers ontwikkel ‘n positiewe verhouding met elke leerder sodat daar wedekerige respek kan wees.
Hier word ook musiek, sport en Landsdiens aangebied sodat die kind op elke moontlike aspek kan ontwikkel. U kind se gesondheid en geestelike welstand is vir ons belangrik, daarom moedig ons aan dat die kinders aan sport deel te neem. Ledigheid is die duiwel se oorkussing, soos u self weet.