Beesloop

2019 Wenners!

R10 000 Pryswenner

H. Du Plessis


R1000 Pryswenners

G.P Neethling
Charl-Pierre Esterhuyse
Justin Langeveldt
Frikkie Nel
W.A. Sauer

Die Beesloop is al sinoniem met Laerskool Worcester-Oos. Dis ons groot jaarlikse fondsinsamelingprojek. Kaartjies word verkoop teen R10 elk en dan word daar vyf pryse van R1000 elk toegeken en ‘n groot prys van R10 000.

Dis ‘n jolige dag waar daar baie aktiwiteite is. Daar is ‘n heerlike plaaswedloop (kan ons dit link na die plaaswedloop afdeling) wat gedraf of gestap kan word. Waterkaskenades vir die ouer kinders word op die skool se rugbyveld aangebied. Kleuterkokkompetisie word in die saal aangebied vir die jongspan. Dan is daar tonne heerlike eet- en drinkgoed te koop. Vir die wat hou van ‘n teetjie of koppie koffie is daar ‘n fantastiese teetuin met heerlike gabak. Daar is ook ‘n heerlike restaurant vir die wat bietjie wil langbeen gaan sit.

Teen 12:00 word die koei dan op die rugbyveld vrygelaat en daar waar sy mis word die koördinate geneem en dis dan die R10 000 wenner. Die ander vyf pryse word elke jaar op ‘n ander manier bepaal deur of die skop van balle of die gooi van meelbomme of iets dergeliks. Die wenners word dan vasgestel deur ‘n rekenaarprogram. Ouditeure monitor die hele proses van die Beesloop van begin tot einde.