NASORG SPESIAAL VIR SPEELGROEPIE- EN GRAAD R-MAATJIES

Hierdie nasorg is spesiaal vir die mammas wat daagliks jaag om alles gedoen te kry, omdat hulle ‘n kleuter in Speelgroepie/Graad R het wat 12:00/12:15 uitkom en dan heen en weer moet ry vir sussie of boeta se sport. Die speelgroepie en Graad R het hul eie nasorgterrein. Die maatjies is in ‘n baie veilige en beskermde omgewing.

ALGEMENE INLIGTING

Die nasorgsentrum op die skoolterrein met ‘n veiligheidsheining en beheerde toegang, bied naskoolse toesig, onder leiding van 6 bekwame dames, vir Speelgroepie tot Gr.7 leerders. Dié fasiliteit is ideaal vir leerders wie se beide ouers voltyds werk. Ingeskrewe leerders kry elke middag ’n ligte maaltyd. Hulle het spesifieke studietye waartydens leerders van die verskillende fases geskei word. Gedurende hierdie tyd het leerders toegang tot die skool se Mediasentrum en Rekenaarlokaal vir naslaanwerke en take. Intussen kan leerders voortgaan met hul spesifieke buitemuurse program wat die skool aambied. Daar is ook genoeg kans vir speel. Opvoedkundige speelgoed en klouterapparaat is vir die voorskoolse groepie beskikbaar. Die kinders is in ‘n baie veilige en beskermde omgewing.

TARIEWE

Fooie word kwartaalliks gehef en is vooruitbetaalbaar.

NASORGTYE

Hierdie sentrum funksioneer gedurende die skoolkwartale op skooldae. Maandae tot Vrydae tot 17:30 nm.

AANSOEKE EN NAVRAE

Hierdie sentrum funksioneer gedurende die skoolkwartale op skooldae. Maandae tot Vrydae tot 17:30 nm.  Kontak kantoor 023 3470453 of stuur ‘n e-pos aan kantoorwo@breede.co.za