top of page
Koshuis8.jpg

OOSIE koshuis

Die nuutste toevoeging tot ons skool is die koshuis. Ons het ’n gedeelte van Worcester Gimnasium se meisieskoshuis, die Seminarie, ingerig as ons eie. Die koshuis is van Maandag tot Vrydag oop vir ons leerders, aangesien dit vir ons belangrik is dat hulle naweke met hul ouers en gesinne sal deurbring.

Kamers

Die koshuis beskik oor ’n paar slaapkamers wat elk gedeel word tussen twee leerders. Dit bied die leerders die geleentheid om sommer vinnig maats te maak in die koshuis.

Koshuis1.jpg
Koshuis9.jpg

Tuin

Die Seminarie-koshuis het een van die mooiste tuine in die middedorp. Dit skep ’n rustige atmosfeer vir die leerders. Die koshuisleerders sit gereeld op die bankies of op die swaaie en het ’n groot grasperk om te geniet.

Fasiliteite

Die koshuis spog met moderne en opgegradeerde fasiliteite soos ‘n swembad, tennis- en netbalbaan waartoe die leerders volle toegang het.

Swembad

Koshuistye

Koshuis8.jpg

Koshuistye

Maandae tot

Vrydae 13:00

Koshuis10.jpg

Inkloktyd

Sondae vanaf 16:00

lees.jpg

Studietye

 15:30 tot 17:00  

18:00 tot 19:00

Koshuisouers

Ons koshuisouers is mnr. Tiaan- en me. Megan Grobler. Hulle is albei onderwysers by ons skool. Mnr. Tiaan is by Graad 6 en juf. Megan is by die Klein OOSies. Die koshuis is in 'n veilig-omheinde area. Leerders word vervoer met die skoolbus. Daar is 24-uur toesig vir ons inwonende leerders. Dit is vir ons belangrik dat die koshuis soos huis, weg van die huis, voel.

Klik hieronder om die aansoekvorm af te laai.

bottom of page