
ALGEMENE INLIGTING
Die nasorgsentrum, op die skoolterrein met ’n veiligheidsheining en beheerde toegang, bied naskoolse toesig vir Speelgroepie- tot Graad 7-leerders, onder leiding van ’n span bekwame dames.
Dié fasiliteit is ideaal vir leerders wie se ouers albei voltyds werk. Ingeskrewe leerders kry elke middag ’n ligte maaltyd. Daarna het hulle spesifieke studietye waartydens leerders van die verskillende fases geskei word. Gedurende hierdie tyd het leerders ook toegang tot die skool se mediasentrum en rekenaarlokaal vir naslaanwerk en take.
Intussen kan leerders voortgaan met die buitemuurse program wat die skool vir hulle aanbied. Daar is ook genoeg kans vir speel. Opvoedkundige speelgoed en klouterapparaat is vir die voorskoolse groepie beskikbaar.
TARIEWE
PER MAAND |
PER KWARTAAL |
PER JAAR |
|
Per kind | R860 | R2150 | R8600 |
NASORGTYE
Hierdie sentrum funksioneer gedurende skoolkwartale op skooldae. Maandae tot Donderdae vanaf 12:00 tot 17:15. Vrydae vanaf 12:00 tot 16:45.
AANSOEKE EN NAVRAE
Kontak ons telefonies by 023 347 0453 of stuur ’n e-pos aan kantoor@worcesteroos.co.za vir al die nodige inligting.