top of page
laerskool-worcester-oos-wapen-l.png

ONS skool

Laerskool Worcester-Oos is ’n Afrikaansmedium, waardegedrewe skool geleë in die Bolandse dorp, Worcester. 

intermediêre fase 3_edited.jpg

Klein OOSies - Graad 7

Ons akkommodeer om en by 660 leerders vanaf 3-jarige ouderdom tot en met graad 7. Ons Klein OOSies bestaan uit twee 3-4 jarige klasse en twee 4-5 jarige klasse. Vanaf Graad R-7 is daar drie klasse per graadgroep met 20-30 leerders in 'n klas.

[Klik op die foto hierbo om meer oor ons Klein OOSies, Grondslagfase, Intermediêre - en Seniorfase  uit te vind.]

348459382_787811925999264_1019506109343408321_n.jpg

Sport

OOSies is alombekend vir hulle goeie sportmangees en neem met oorgawe deel aan sport. 

[Klik op die foto hierbo om meer oor ons sport uit te vind.]

XT8A0575.jpg

Skooldrag

OOSies dra hulle skooldrag met trots. 

[Klik op die foto hierbo om meer oor die skooldrag uit te vind.]

335829094_1136269690372762_2300882868409258124_n.jpg

OOV

[Klik op die foto hierbo om meer oor ons ouer- en onderwyser-vereniging uit te vind.]

LWO

Beheerliggaam

  • Die SBL (Skoolbeheerliggaam) van die skool bestaan uit verkose ouers, onderwysers, ’n nie-KS-opvoeder en die skoolhoof. Hierdie verkiesing vind elke drie jaar plaas.

  • Die SBL speel ’n baie belangrike rol in die beheer van die skool. Die liggaam verteenwoordig die ouers, personeel en leerders. Van die toelatings-, taal- en godsdiensbeleid tot skooldrag, finansies en die aanstelling van personeel is kritiek belangrike afdelings wat onder hul beheer ressorteer.

  • Die belange van alle rolspelers by die skool word deur die SBL op die hart gedra en alle belangstellendes word genooi om in gesprek te tree met iemand van die SBL indien daar sake van belang is wat aandag moet geniet.

Skooltariewe

  • Alle leerders betaal skoolgeld

  • Per maand, per kind

  • Skoolgeld is vooruitbetaalbaar oor 10 maande vanaf 11 Februarie tot 1 November

  • Vorms vir vrystelling moet teen 28 Februarie by die finansieskantoor ingehandig word

Tuis.png
intermediêre fase 3

Nasorg

Ons bied ’n puik nasorgdiens aan. Die kinders word verdeel in verskillende ouderdomsgroepe. Hulle is deurgaans onder volwasse toesig in ’n veilige omgewing. ’n Ligte middagete word ook aangebied.

Gedragskode

te studeer

  • Nie ander te steur nie

  • Werkopdragte uit te voer

  • Tuiswerk gereeld te doen

veilig te wees

  • Geen voorwerpe in besit te hê wat ander kan beseer nie

  • Nie ander leerders in gevaar te stel nie

gelukkig te wees

  • Nie spot te dryf met medeleerders nie

  • Ander leerders se ras, kleur en godsdiens te respekteer

na geluister te word

  • Aandag te gee as opdragte gegee word

  • Stil te bly as ander praat

  • Ook na sy/haar medeleerders te luister

tyd oordeel-kundig te gebruik

  • Saam te werk met die opvoeder

  • Skool daagliks by te woon en nie laat te kom nie

  • Ander se tyd as kosbaar te beskou

wedersydse respek openbaar

  • Ander mense en hul eiendom te respekteer

  • Verantwoordelik op te tree

  • Skooldrag, skool- en nasionale simbole te respekteer

  • Medeleerders en meerderes te respekteer ongeag ras, kleur of geslag

in 'n netjiese omgewing te werk

  • Nie skool se eiendom te beskadig of verniel nie

  • Nie op mure, deure of geboue te skryf of te bemors nie

  • Op hom/haar as persoon netjies en skoon te wees

regverdig behandel te word

  • Beskaafd op te tree

  • Ander leerders regverdig te behandel

  • Eerlik en opreg teenoor rolspelers op te tree

Bankbesonderhede

LAERSKOOL WORCESTER-OOS
BANK: ABSA
REK. NO.: 44 049 0026
REK. TIPE: TJEK

[Betaal asseblief skoolgeld en nasorg apart, maar in dieselfde rekening. U sal ’n verwysingsnommer vir albei kry.]

VERWYSING:
Familiekode asook waarvoor inbetaling gemaak word.

Betalings per debietorder kan met mev. Liezl van den Berg by finansies@worcesteroos.co.za of 023 347 0453 gereël word.

bottom of page