top of page
XT8A1404.jpg

Klein OOsies

By die Klein Oosies verwelkom ons maats van 3 - 5 jaar. Ons handhaaf ’n veilige en gemaklike leeromgewing waar maats speel-speel leer. Dit is vir ons belangrik dat hulle gelukkig en geborge voel. Ons volg ’n dagprogram wat beweging en motoriese vaardighede insluit, asook ’n volledige Wiskunde- en Taalprogram. Die SA Musiekwaardering- en Ontwikkelingskool bied terapeutiese musiek- en bewegingsprogramme,  Musiek vir ons Kleintjies, vir Speelgroepie-leerders aan.

Ons het ’n groot speelterrein met ’n verskeidenheid klimrame waar fisiese vaardighede aangeleer kan word, ’n groot sandput, asook ’n pophuis vir fantasiespel.

Ons doen daagliks skeppende kuns waar ons met verskillende mediums eksperimenteer en ook aandag gee aan teksture en sensoriese ontwikkeling.

Daar is die opsie vir twee, drie of vyf dae per week vir 3- tot 4-jariges en drie of vyf dae per week vir 4- tot 5-jariges.

Die dagprogram skenk aandag aan die leerder se intellektuele, sosiale en fisieke ontwikkeling om sodoende die totale kind op te voed.

 

Skooltye: Maandag tot Vrydag van 08:00 tot 12:00

Vind hier die Speelgroepie se benodigdhede lys:

Laerskool Worcester-Oos bied die volgende buitemuurse aktiwiteite by Klein OOSies.

Buitemuurse aktiwiteite

Monkeynastics

Monkeynastix is ’n bewegingsontwikkelingsprogram wat die kind in sy totaliteit ontwikkel.

Die program wat ons volg, bevorder die volgende:

  • Gesonde leefstyl

  • Stamina

  • Koördinasie

  • Balans

  • Sosiale vaardighede

  • Skoolgereedheid

  • Fyn- en grootmotoriese ontwikkeling

  • Ritme/musiek

Jou kind se welstand en ontwikkeling is ons nommer een prioriteit.

Apparaat:

Ons apparaat is die sleutel tot die sukses van ’n Monkeynastix-klas. ’n Groot verskeidenheid van aktiwiteite kan gedoen word en verskillende vaardighede word op elke apparaat ontwikkel. ’n Kombinasie van die verskillende apparate, en die progressie van aktiwiteite op die apparaat, help hulle om ’n vaardigheid te bemeester.

Monkeynastix.jpeg

RSD Rugby

Ons liefde vir rugby en die verantwoordelikheid om by te dra tot die omvattende ontwikkeling van ons kinders is die twee grondbeginsels waarop die RSD RUGBY Program gebaseer is. RSD is trots daarop om kinders te leer om sport te geniet op ’n gesonde en veilige manier. Ons glo dat kinders elke oomblik op die rugbyveld moet geniet en om dit sodoende ook veilig te doen.

Vaardigheidsontwikkeling begin op ’n vroeë stadium, daarom is vroeë blootstelling aan die korrekte rugbyvaardighede en -tegnieke tot voordeel van die kind wat aan sport deelneem.

Ons sien daarna uit om die RSD RUGBY SKILLS DEVELOPMENT Program aan u en u kind bekend te stel.

Welkom om die RSD webtuiste te besoek by www.rsdrugby.co.za vir meer inligting en kontak besonderhede.

RSD GOLD LOGO.jpg

Crazy Splash Swim School

Doelwitte behels die volgende:

  • om studente so gou moontlik te leer om waterveilig te wees en daarna na die gimnasium te vorder om die verskillende swemstyle aan te leer

  • om studente te inspireer om hul doelwitte te bereik volgens die beste van hul vermoë

  • om studente se sportmanskap te ontwikkel

  • om studente fisies, emosioneel en sosiaal te ontwikkel

  • om studente te leer dat elke mens se behoeftes en talente verskil

  • om studente opgewonde te maak om elke week te kom swem en dit baie te geniet

CRAZY SPLASH logo.jpg

NSD

"Nskills and development" se program is ontwikkel uit pure liefde en passie vir die spel en ons kinders. Die program word jaarliks aangepas en hersien volgens die ontwikkeling, tegnieke en reël aanpassing van Netbal. NSD is nie net 'n seisoenale program nie.

Deur 'n pret-gebaseerde program wil ons die dogters help om 'n liefde vir die spel te ontwikkel, maar hulle terselfdertyd help om die belangrikheid van dissipline, respek en toewyding te verstaan. Dit is belangrik dat ons netbal dogters van 'n vroeë ouderdom met die regte vaardighede vaslegging begin. NSD is voldoende vir 3 jaar -17 jarige ouderdom.

Daar word kwartaalliks geskenke gegee wat ingesluit is by die maandelikse fooie.

By NSD leer u kind die volgende lewens-, netbal- en motoriese vaardighede:
-middellyn kruising
-kleur identifisering
-hand-oog koördinasie
-ruimtelike bewustheid
-basiese netbal vaardighede en reël vaslegging
-gevorderde netbal vaardighede volgens ouderdom
-respek vir mekaar
-spel dissipline
-hantering van boelies

NSD

Playball

Deur sport as middel te gebruik, bied ons kinders ’n goeie basis waaruit elke aspek van hul lewens ontwikkel kan word. Die doel van Playball is om jong kinders bekend te stel aan konstruktiewe en aangename sportdeelname deur middel van verskillende ouderdomsprogramme. Al die programme het ’n “multi-aktiwiteit”-benadering, wat ’n bekwame fondament verseker in sport.

302082689_553978353179086_6733336941352449542_n.jpg

Forza Tennis Akademie

Forza Tennis Akademie is in die mooie Worcester geleë. Ons het ’n holistiese benadering tot afrigting. Elke speler is vir ons uniek en daarom fokus ons nie net op prestasie nie, maar gee ons ook aandag aan die emosionele, geestelike en fisiese vordering van die speler. Hier by Forza Tennis wil ons ’n liefde kweek by die kinders vir tennis. Ons bevorder ook oog-handkoördinasie, balans, balvaardighede en nog meer.

Spelers kan privaat of groepafrigting kry. Forza Tennis bied ook toernooie en vakansieklinieke aan.  Wilson-toerusting en -klere kan ook deur ons bestel word.

Kontak gerus vir Annelise Human by 083 227 9290 of besoek ons by www.forzatennis.co.za.

logo.png

Kinderkinetika

“For a better, healthier and smarter child”

Kinderkinetika word weekliks aangebied by Worcester-Oos. Die kinders geniet die verskillende aktiwiteite wat gedoen word en ontwikkel op ’n genotvolle manier deur te “speel”.

Wat is Kinderkinetika? 

Kinderkinetika bied wetenskaplik gefundeerde bewegingsontwikkelingsprogramme vir kinders aan van geboorte tot 13 jaar. Daar word gefokus op die kind se totale ontwikkeling vanuit ’n grootmotoriese oogpunt.

Die Kinderkinetika-program fokus ook op die rehabilitering van fisiese, psigo-motoriese en/of neuro-motoriese agterstande. Dit is belangrik dat die grootspiervaardighede eers ontwikkel voordat die fyner spiervaardighede optimaal bemeester kan word. Die ontwikkeling van motoriese vaardighede kan ook skoolprestasie verbeter en lees- en leerprobleme voorkom of verbeter.

Programme: 

  • Kleuterprogram (2 – 7 jaar)

  • Sportontwikkeling en algehele fiksheidsprogram (7 – 13 jaar)

  • Babastimulasie

  • Welstandsprogram

  • Aangepaste/Remediërende program (individueel)

Vir meer inligting, kontak gerus vir Mareli Holtzhausen by 082 336 4397 of mkinetika@gmail.com.

169262 Mareli Designs logo-2.png

Splinternuwe speelterrein

Wat ons bied:

bottom of page